SBBV vrywilligers moes vanaand om 21h07 inderhaas na ‘n motorongeluk gaan nadat aanvanklike inligting vanaf die toneel aangedui het dat die voertuig moontlik kan brand.

Met ons aankoms was daar een voertuig wat deur ‘n muur van ‘n erf gery het. Een persoon was deur ‘n privaat ambulansdiens na ‘n hospitaal vervoer vir verdere ondersoeke en evaluasies om te verseker daar is nie onderliggende spinale beserings nie.

Dit was verbasend om te sien hoe baie mense op ‘n stadium op en buite die toneel was.
Ons doen ‘n beroep op die gemeenskap om die inperking bepalings te gehoorsaam. Elke persoon wat die bepalings nie nakom nie is nie net ‘n risiko vir hulleself om COVID-19 op te doen nie, maar stel nooddienste personeel onnodig bloot.

Verder wil ons alle betrokkenes bedank dat die plofbare situasie as gevolg van emosies wat hoog geloop het, nie in ‘n bakleirey ontaard het nie.

Ons dien om te red!

Translate »