Bron: https://rekordeast-epaper.products.caxton.co.za/wp-content/ftp/epaper_uploads/63/Rekord_North_21_August_2020/Rekord_North_21_August_2020.pdf

Vrywilligers van die Sinoville Brand- bestrydingsvereniging (SBBV) het verlede Donderdagmiddag tot sonsonder gewerk om die hoek van Lavenderweg en Steve Bikostraat op te ruim nadat ’n vragmotor omgeslaan en ’n vrag mielies oor die besige verkeershoek gemors het.

Noodpersoneel is op 13 Augustus omstreeks 14:00 na die toneel ontbied nadat ’n 15-ton vragmotor kort tevore by die stewige afdraande oor die berg gery het en vermoedelik weens die spoed omgeslaan het en die vrag mielies verloor het. Exec Ops Security, SBBV, die Sinoville- polisie en die plaaslike GPF en vrywilligers het gehelp om die verkeersvloei te rig en die toneel op te ruim.

“Ek wil elke lid bedank wat betrokke was by die drie brande vroeër die dag asook by die vragmotor wat Donderdagmiddag omgeslaan het,” het Zenobia Loocke-du Plessis, woordvoerder van die SBBV gesê. Loocke-du Plessis sê sy het verskeie oproepe van die gemeenskap ontvang wat die SBBV vir die dienste van die vrywilligers bedank het.

Roy Rademeyer van Exec Ops Protection, wat op die toneel was, het gesê dat vragmotors van 5 ton verbied word om oor die pas vanaf Steve Bikostraat in die rigting van Sinoville te ry. Rademeyer het aan Rekord gesê niemand was ernstig beseer nie. Die ruit van die vragmotor was wel gebreek om die bestuurder te bevry. “Gelukkig het die bestuurder slegs ligte beserings opgedoen.” Die verkeersvloei in die rigting van die Wonderboom Junction was tydelik vesper terwyl vrywilligers die pad skoonmaak. Loocke-du Plessis sê die ongeluk was eintlik ’n tragedie wat in werklikheid vermy kon word. “Vragmotors mag nie oor die Wonderboom-nek ry nie. “Die trok was gelaai met 5 ton mielies in sy bak en die sleepwa het ook sowat 5 ton mielies gedra. Dit was duidelik dat die vrag heeltemal te swaar was vir wat die trok moes dra.” Hy sê die bestuurder kon nie betyds stop nie en in die draai het sy vrag geskuif en die mielies oor die pad gestrooi gelaat.

“Die SBBV het die mielies probeer opvee en vinnig gesien dat ’n klomp mense die mielies kom probeer opeis het vir eie gebruik dus het die SBBV die toneel afgesper. Selfs die polisie het kom help opvee,” sê hy. “Daar was ’n diesellek en ons was bang dat dit ’n brand kon veroorsaak.

“Die ongelukstoneel het motoriste se aandag afgetrek en soos met meeste gevalle ’n ongeluk veroorsaak – daar was dus ’n botsing daar naby en dit het verkeer verder belemmer.”

Translate »
×

Hello!

Click one of our representatives below to chat on WhatsApp or send us an email to info@sbbv.co.za

× How can we help you?